Ek sit in hierdie raserige vorm van stil-wees
‘n Stilte so diep, so wyd soos die see
Jou melodie ontbied my, herinner my aan kil-wees
Jou hartseer ontwaak my, bring die trane mee
Jou klag, jou pyn, laag en diep
Jou vrees en angs, hoog en ver
Die golwe wil my kalm boot tiep
My laat vlug soos ‘n skietende ster
Die pyn in jou oë skreeu uit
Dit roep om hulp heel desperaat
Dit forseer ‘n yster vuis om om my hart te sluit
Pyn, onbeskryflike pyn oor die defnitiewe haat
Dit bring ‘n gevoel van senuwees
Die bewings, rukkings, en hakkel-praat
Soos ‘n boek kan ek jou lees
Ek bid deur die aand, dis nie te laat
Ek weet ek het nie die krag om te red
Ek kan nie jou wonde een vir een genees
Maar ek juig om te weet Wie het
Ek pleit dan by Hom om by my te wees
Ek weet Hy sal my help om jou te wys
Hy het jou oneindig lief, nes jy nou is
Binne jou, stukkend of heel, is Hy tuis
Hardloop maar, kruip weg, Hy weet waat jy is
Jy hoor Sy stem, stil, soet, onder beheer
Jou seer kussing en kwaad kombers om jou
Jy probeer Hom uitdoof en Hom keer
Doof Hom uit, maar hoor Hom steeds nou
Hy sal jou trane een vir een vang
Hul hou vir die dag wat vreugde te veel raak
Vir ‘n tyd wat lag nie help, nόg sang
Maar Hy wag vir jou om die veg te staak