Posted in Poetry

OGGEND EN AAND PRAATJIES

Oggend en aand praatjies wat verskil
Beloftes wat eintlik belangerik is
Woorde wat my vir ‘n oomblik vul
Met ernstige verligting, nie misgis

‘n Oggend praatjie wat ja sê
En dan as die situasie verander
As dit verander wat hul wil hê
Dan is dit nee, maak nie saak van ander

Beloftes; ek sal dit doen, sal daar wees
Dan vergeet hul, of lus nie meer
Maak dat ek wil gil heel bedees
Maar ek glo hul, vertrou hul elke keer

Ek sê ek wens ek was nie so naïef nie
Maar ek is eintlik nie so gewillig
Ek weet eintlik in daardie oomblikkie
Dat dit vals is, maar ek hou my dig

Ek weet dat dit nie waar is
Ek weet dat dit nie gaan gebeur
Selfs al glo hul dat dit is
En hul heel gewillig is om te probeer

In daardie oomblik kies ek
Selfs al weet ek wat plaas gaan vind
En heel moontlik maak dit my ‘n gek
Maar ek glo in die woorde wat hul bind

Behind This Piece…

Sharing Is Caring