Posted in Poetry

VORENTOE- AGTERTOE TWIS

Jy kyk na die dagbreuk nuut
En ‘n nuwe seisoen gaan oop
‘n Nuwe storie ook ontbied
Met die geur van hernude hoop

Terselfde tyd is die aand nie verby
En selfs lank na dit sal dit bly
Met die herinneringe van verlede ty’
Waar dit ewig met jou baklei

Jy verlang agter-uit
Maar ewig beweeg jy aan
En binne jou is daar tweestryd
Tussen wat was en wat gaan

Maar nie so gewoond is jy
Dat dit nie vir jou duidelik is
Tot jy wegspoel in die gety
Van jou vorentoe- agtertoe twis

Hou aan met hoop vir môre
Want daar’s nuwe dinge voor
Onthou wel van tevore
Maar hou moed op hierdie spoor

Behind This Piece…

Sharing Is Caring