Vandag se saamlewing is nie minder of meer behep met skoonheid as wat díe van die verlede was nie. Elke generasie, nasie en denominasie het hulle eie standaarde van skoonheid. Dit verander met tyd soos wat díe in krag en roem kom en gaan. Mense fokus daarop om hulle na te streef, omdat hulle self ook krag en roem begeer.
Skoonheid is iets waarop menigtes hulle aandag vestig. Sommiges doen dit met grimerings en haar produkte, en ander met klere wat aanloklik lyk. Selfs ander doen dit met oefening om hulle skraler te maak. Alhoewel die tipe skoonheid wat verkies word verander, verander die feit nie dat dit vir die algemene mens belangrik is nie.
Uiterlike skoonheid is baie maal vir mense baie belangriker as innerlike prag, en daarom is dit skrander dat die aandag verskuif word na dit toe. Selfs al is dít die standaarde van die samelewing, bly innerlike skoonheid vir almal belangrik op die einde.
Ware skoonheid is daarom nie dit wat gesien kan word op eerste blik nie, maar wat gesien word in aksies en reaksies, houdings en mannerismes. By voorbeeld, ‘n persoon wat ‘n glimlag vol vrot tande het, maar wat sy vreugde eerlik wys, is pragtiger as iemand met welgevormde lippe en tande, maar wie se glimlag slegte intensies verberg. Iemand wat eerlikheid in hulle wyd-gesperde oë het, is verreweg mooier as iemand met die blouste oë wat hulle ewig-teenwoordige wantroue skuil. Die wese met verwaarloosde hare, maar met ‘n kop geboë in ernstige gebed is verkiesbaar bo die een met sagte, verwerkte hare op ‘n kop omhoog gelig in trots.
In ‘n wêreld wat gefokus is op uiterlike skoonheid, wees bewus daarvan dat innerlike skoonheid dit is wat die hart aanlok. Terwyl uiterlike skoonheid vergaan, groei innerlike skoonheid daagliks in prag.