Posted in Other Pieces, Recent_Post_FrontPage

GOD”S-KIND

‘n Storie gaan ek jou nou vertel
Van hartseer, twyfel en pyn
Dan van ‘n ander ook wel
Van liefde, geloof en rein
‘n Hart wat verdrink en huil
‘n Diepe klag van pyn
Die geluk uitgedun, yl
Die smart veroorsaak kwyn
‘n Fraksie hoop in ‘n oomblik
Dan onmiddelik doodgelê
Deur logika, ondervinding, ongeluk
Twyfel in als wat hul sê
Geloof dat hoop stel teleur
Liefde veroorsaak pyn
Elke ja gaan jou keer
Elke aksie ‘n tree oor ‘n lyn
Maar wat jy nog nie weet;
Jy het krag bo alle verstand
Omdat jy Gods-kind heet
Kan jy sterk wees in jou stand
‘n Kind van die ewige Koning
Geliefd, gemis, vergewe
Uit die hele ruimte ‘n beloning
Vir ‘n Daad bo alle ander verhewe
‘n Skepper wat juig
Met elke beweging en klank
En elke keer wat jy buig
Erken Hy jou dank
Die Geneesheer wat verlang om gesond te maak
Staan langs jou sy, ewig en trou
Wag vir vergunning om jou aan te raak
Al is jy nie gereed, wag Hy selfs nou
‘n Beskermer se wagte word daagliks gestuur
Om by jou te wees, om om jou te waak
Jy het die keuse vir wie hul verduur
En wie hul weg veg voor hul jou raak

Behind This Piece…

Sharing Is Caring